Cape Town - SOUTH AFRICAN flow keepers

G’day Kevin, that sounds like a question that you’d be better off asking a local beekeeper.

My queens can lay anywhere they like. I don’t use excluders. But as for how productive Cape Bees are, I would ask locally. My guess is, not very… they are considered a scary invasive by the rest of the world because they often take over European hives.

@Kevin_Lane Where are you based? Have you started your beekeeping journey yet? I’m happy to share my limited knowledge and you are more than welcome to come have a look at my apiary in my garden in Durbanville.

Apis mellifera capensis is as productive as scutellata.

There have been many attempts to introduce European bees in South Africa, none of which has been successful. The causes of these failures have been due to low foraging efficiency of The European workers, loss of 40% of queens on their mating flights and pest attacks.

The cape bee was taken into the north of South Africa, which is scuttellata territory, in the 70s in an obtuse attempt to test the efficiency of the bees forage of winter flowering aloes. They have been a big problem in the scutellata areas and resulted in a drop in South African honey production of almost 30%. They do still pose a problem in South Africa, but unless taken outside of the country, pose no threat to European colonies.

I have no personal experience with Apis mellifera capennsis, so I cannot disagree.

@AntonPotgieter Het jy toe vir jou 'n Flow korf aangeskaf? Waar in die Kaap woon jy? Ek’t so drie weke terug my Flow super installeer en dit lyk goed. Sodra die lilly-pilly bome blom sal hul seker vinnig opvul.

Die opening van die korf is vir my bietjie groot en het dit toe toegeplak met 'n strook propolis met twee klein gaatjies. Die bytjies kou dit egter die heeltyd oop, en op sommige warm dae is daar talle rowers.

Het jy ander korwe ook? Sal bitter graag wil sien hoe jou korwe vaar.

Groete

Deon

Good day all. I’m a beginner in bee keeping, but would like to start in 2018 with a few hives.

I live on a farm, on the outskirts of Clanwilliam (Western Cape). Would like to know if you guys would recommend the Flow and where can I purchase/import one? Also, do you guys have a preferred supplier/online shop for Beekeeping tools/items?

Kind regards,
David

@Vestigialamentum Goeie middag Deon.

Vertrou dit gaan goed?

Wil sommer hoor, enige raad vir 'n beginner? Wil graag weet waar 'n man die Flow korf kan koop/invoer oftewel gewone korwe koop (Kaap omgewing verskieslik) en watse “tools” 'n man nodig het. Ons het 'n klompie sitrus op die plaas en 'n lopende rivier wat deur die plaas loop so ek glo daar is genoeg kos en water vir die bye.

Hoor graag van jou.

Vriendelike groete,
David

Goeiemiddag David

Die beste raad wat ek kan gee is om so veel as moontlik te lees! Meeste materiaal is gemik op Europa en Noord-Amerika, waar dinge baie anders is: klimaat, tipe heuningby, plantegroei. Alhoewel die basiese konsepte dieselfde is, MOET jy ook Suid-Afrikaanse materiaal bestudeer. My by-bybel is Beekeeping in South Africa deur M.F. Johannsmeier. Dit is soos 'n handboek geskryf, so dit lees nogal stadig weens die baie inligting. Ek het 'n foto aan:

Die belangrikste ding wat jy moet weet is: bye in Suid-Afrika is nog baie gesond, grootliks weens die feit dat byeboerdery nog nie so geïndustrialiseerd is nie. Om bye oor groot afstande te trek sodat hulle gewasse (wat baie maal besproei is) kan bestuif, is baie sleg vir die bye. Ons gebruik ook glad nie gifstowwe in ons korwe nie. Bye moet slegs gevoed word met suikerstroop indien absoluut noodsaaklik, omdat dit die pH van hul binnegoed en koeke beïnvloed, en dit moedig die groei van slegte goggas aan. Bye is nie troeteldiere wat kos gegee moet word nie, en solank daar baie plante in die omtrek is wat blom, behoort alles eksie perfeksie te wees (indien daar nie is nie, lê die koningin eenvoudig minder eiers, dus minder monde om te voed). Ek dink dis fantasties dat jy bye op jou sitrusplaas wil aanhou. Dit gaan beteken dat jy nie nodig gaan hê om bye te huur om te bestuif nie!

Ek koop byna al my toerusting by Agrimark. Daar is 'n paar plekke waar mens toerusting aanlyn kan koop:

Beeware

Beekeeping SA

Beequip

Ubusi

Honey badger

Agrimark verkoop Ubusi se produkte, en die kwaliteit is heel goed.

Ek woon in Durbanville en is heel gelukkig om vir jou my byekorwe te wys; vanaand kry ek my vyfde een. Sal dan vir jou sê watter toerusting jy als benodig. Jy kan my 'n boodskap stuur, dan gee ek jou my nommer. Ek whatsapp graag.

Wat die Flow hive betref: ek’t myne in Londen gekoop toe ek daar gewoon het. Dit word onopgestel afgelewer, toe pak ek dit on my bagasie en bring dit na RSA. Jy moet weet dat dit ongoddelik duur is, om en by R16,000.00. 'n Gewone korf (Langstroth) kos so 'n R1,000.00 wat veel goedkoper is. Toerusting, byepak en een korf gaan jou so R3,500.00 kos.

Ek het nou maar eers bye van 31 Augustus en dis die beste stokperdjie ooit!!! As ek kon het ek in die korf geslaap. :laughing:

Praat gou weer!

Deon

@Vestigialamentum Middag Deon

Jislaaikit maar jys vinnig op dit, baie dankie vir die klomp inligting.

Ek het so oooooooooouuuuuuuu byeboek by die huis wat my Skoonpa vir my gegee het (hulle wou so 20 jaar terug op die plaas met 'n paar byekorwe begin, maar het toe nooit daarby uitgekom nie). Dis 'n Afrikaanse boek, lees ook lank want hulle verduidelik feitlik als daarin. Dis 'n baie bekende boek, maar ek is nie nou by die huis om vir jou die naam te kan gee nie.

Kyk, hier is 'n paar mense in die omliggende plase wat 'n korf of twee het, maar soms is dit so bietjie moeilik om by die mense uit te kom (veral met die een Oom wat nou vir 'n maand lank in die Kaap in 'n hospitaal was). Gewoonlik is dit mos maar die beste om inligting van iemand te kry wat in dieselfde omgewing as jy is, die enigste ding is, die Oom waarvan ek praat doen goeters nog verskriklik “old school” en ek dink nie eers hy het enige by gereedskap nie :smiley: :smiley:

Soos ek dit verstaan, behoort die suikerstroop te werk hier by ons op die plaas om 'n swerm te lok so ek gaan dit definitief probeer. Hier is 'n baie nice Kaap Agri op Clanwilliam en Graafwater, as jy dalk net vir my van die items kan gee wat ek moet bestel, kan ek deur hulle pryse uitvind (ek weet daar is mos 'n roker, daai tipe beitel, en dan 'n paar ander goed waaroor ek onseker is. Ek ook so idee die aflewering kan dalk 'n bietjie baie kos om dit op Clanwilliam te gaan aflaai indien ek 'n aanlyn winkel gebruik.

Awesome, so Ubusi produkte is die moeite werd, sal dan by Kaap Agri luister. Word die korwe ook deur Ubusi gemaak?

Jy kan enige tyd vir my jou vordering met jou korwe wys, sal great wees om te sien wat jy gedoen het en hoe lank die bye vat om heuning te begin maak + wanneer 'n mens die koeke uithaal ens.

Ai vrek, daai Flow Hive lyk so nice en gerieflik, R16k is belaglik vir dit. 'n Mens kan eerder 8 gewone korwe koop en een van die manual extractors, sal baie meer heuning uitkry so (dis nou as daar soveel bye in ons omgewing is).

My nommer is 0824599478 as jy wil whatsapp. Ek gaan hier in begin/middel Januarie by Kaap Agri pryse aanvra vir korwe en gereedskap indien hulle het.

Lekker dag vir jou en geniet die vakansie en jou byeboerdery!

Groete,
David

Hi David,

We can do a personal shipping quote for you if you decide to purchase a Flow Hive or Flow Frames etc if you would like cheaper shipping.
Free modification instructions here:
https://www.honeyflow.com/faqs/all/modifying-a-langstroth-box-for-flow-frames/p/143#a1

You can contact Flow customer service here:
https://www.honeyflow.com/contact/p/3

:slight_smile::honeybee:

Hello, we have just harvested our first honey at Ten Bompas Hotel in Johannesburg without any problem. This proves that the Honey Flow works perfectly with African bees…

2 Likes

Awesome :slight_smile: Do you have any photos or videos you would like to share?
You could post your story here if you like:
https://forum.honeyflow.com/c/flow-hive/flow-harvest-success-stories

I purchase one R8500 from OLX and I have bee inside I hope soon some honey start flow

Hi @michel13

That doesn’t look authentic to me. Does it have the Flow logo?

Why are there so many bees outside?

Also, you are not supposed to add the super until much later.

Regards

1 Like

What is “R8500 from OLX”?
This is not a Flow Hive model…

I Googled r8500 from olx, then clicked on images. It looks like he bought either a computer accessory, a motor bike, a tractor or a motor car.

1 Like

This is looking a bit spammy, unfortunately… Especially with the bees dumped on top of the hive to make it look used.

Our currency is Rand, abbreviated R. So, R8,500 is 8,500 Rand. OLX is a trading website.

1 Like

Thanks for the translation :slight_smile: Now I see the 2 advertisements on that website for fake “Flow Hives”.
:frowning: